Besoek Van Digteraktivis Diana Ferrus

Gansbaai Academia se matrikulante is vereer met die besoek van die legendariese digteraktivis, Diana Ferrus, op 8 Februarie 2012 in die skoolsaal. Daar is baie meer inligting beskikbaar op die blog van Diana Ferrus.

Diana Ferrus met Carien FortuinDiana Ferrus met Carien Fortuin
Close
Diana Ferrus met Carien Fortuin
 

Diana was vergesel deur Fiona van Kerwel van die Woordfeeskantoor:  Universiteit van Stellenbosch.

Die leerders het aan Diana se lippe gehang, terwyl sy vertel het hoedat sy internasionale bekendheid verwerf het.  Sy het vertel hoe sy in ‘n hotelkamer in Amsterdam geïnspireer is om die storie van Sarah Baartman in digvorm neer te pen.  Ook hoe hierdie gedig haar lewe sou verander en sy internasionale status behaal het.  Sy was deel van die prosessie wat Saartjie se oorskot veilig teruggebring het van Frankryk na Suid-Afrikaanse bodem, waar sy ter ruste gelê is.

Die kortverhaal, Die Kind, word tans in skole behandel.

 

Diana het leerders uitgedaag om te skryf en ook van hul werke te publiseer.  Leerders wat meer as 50 gedigte het, kan dit in ‘n bundel uitgee.

Van die leerders het foto’s geneem met Diana.

Hierdie was ‘n onvergeetlike ervaring vir die leerders.  Een gr.10-leerder het opgemerk dat hy nog nooit ‘n befaamde digter in lewende lywe gesien het nie en hierdie eer hom vandag te beurt geval het.

Diana Ferrus met 3 graad 10 leerlinge
Close
Diana Ferrus met 3 graad 10 leerlinge
 

15 Afrikaanse matriekleerders gaan binnekort, op 10 Maart 2012, op uitnodiging van die Woordfees die Universiteit van Stellenbosch besoek.  Die Woordfees beloof ook ondersteuning aan voornemende studente met aansoeke aan die US, asook finansiële hulp en toekenning van US Beurse vir voornemende US student vir 2013 wat binne die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe wil studeer.

Comments are closed.