Hoenderbraai- 24 Februarie 2011

Op 24 Februarie hou die Skoolbeheerliggaam en die Ouer-onderwyser vereniging ‘n hoenderbraai om hoogs benodigde fondse vir die skool in te samel.

Kaartjies teen R30 per hoenderporsies sal voor die tyd verkoop word, deur leerlinge, leerkragte en lede van die beheerliggaam.Kaartjies sal ook by die skool beskikbaar wees. Die prys sluit ‘n slaai sowel as ‘n broodjie in. Die hoender word dan op die 24ste Februarie gebraai en dan kan mense teen 13h00 of 17h00 kom om hulle heerlike porsies af te haal.

Help ons asseblief deur u ondersteuning. Die fondse wat ingesamel word, word alles tot voordeel van die skool en sy leerlinge aangewend.

Comments are closed.