Nuwe personeel sluit aan by Academia

Die nuwe jaar het vele nuwe gesigte vir Academia gebring. Sewe nuwe lede het by die skool aangesluit onder andere die nuwe adjunk – hoof, mnr Kobus Koekemoer. Die nuwe personeel is Carla Gouws, Anel Brand, Sune Kotze, Wilton Phillips, Ricardo Damons, Jan Laverlot, Sandra Fransman en Elicia duToit. Ons wens hulle almal ‘n baie gelukkige loopbaan by Academia toe.

vlnr: Ricardo Damons, Jan Laverlot, Sandra Fransman, Wilton Phillips, Kobus Koekemoer, Sune Kotze, Elicia duToit, Carla Gouws, Anel Brandvlnr: Ricardo Damons, Jan Laverlot, Sandra Fransman, Wilton Phillips, Kobus Koekemoer, Sune Kotze, Elicia duToit, Carla Gouws, Anel Brand
Close
vlnr: Ricardo Damons, Jan Laverlot, Sandra Fransman, Wilton Phillips, Kobus Koekemoer, Sune Kotze, Elicia duToit, Carla Gouws, Anel Brand
 

Mnr Kobus Koekemoer
Close
Mnr Kobus Koekemoer
 
Die nuwe adjunk – hoof is ‘n ou bekende gesig in Gansbaai, Kobus Koekemoer het uit die privaatsektor teruggekeer na die onderwys. Hy het sy loopbaan as onderwyser begin by die Senior Sekondêre Skool Swakopmund. In 1993 het hy by die Suid – Afrikaanse Weermag aangesluit. Hy was ook in 1994 by Laerskool Gansbaai aangestel en is in 2005 aangestel as departementshoof by die skool. Kobus was ‘n kranige rugbyspeler en heelwat suksesse op die rugbyveld behaal. Vir ses jaar was hy betrokke in die privaatsektor, naamlik in die Sekuriteits  – Besigheid. Hy het egter betrokke gebly in die onderwys en het as  voorsitter van die beheerliggaam van Laerskool Gansbaai gedien. Hy is ook op die Kommitee vir die Sportgronde, die Interim Beheerliggaam van Academia en is Voorsitter van die Gansbaai Sportraad. Hy is graadhoof vir die graad elfs en gee Toerisme en Geografie.

Liezel Mostert
Close
Liezel Mostert
 
‘n Derde departementshoof is ook aangestel naamlik Liezel Mostert. Liezel is sedert die opening van die Academia in Januarie 2010 by die skool. Sy gee Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid en is verantwoordelik vir alle Kultuur – aangeleenthede en is ook graadhoof vir die graad agts.

Comments are closed.