2012 Graad Agt leerders verwelkom by Academia

‘n Groot groep  van byna 200 graad agts is op Dinsdag 10 Januarie 2012 by Academia verwelkom. Die inligtingsessie is deur die nuwe groentjies en hul ouers bygewoon.  Leerders is ingelig oor die skool en hoe dinge gedoen word in “Sharky World”.  Vir fotos van die geleentheid kliek hier.

Die graad agts sal ‘n oriënteringstydperk deurgaan vanaf Woensdag 11 Januarie tot Vrydag 13 Januarie. Die oriëntering sal afgesluit word met ‘n deurnag wakkerbly geleentheid Vrydagaand. Tydens die gebeurtenis word die nuwe Sharkies formeel ingewy by Academia.

Oriëntering moet binne die raamwerk van die Suid – Afrikaanse Skolewet val. Geen leerder se waardigheid of regte mag geskend word nie (wat in die ou dae as ontgroening of doop bekend gestaan het) en geen leerders mag verneder of verkleineer word nie. Die week wat die nuwelinge onder hande geneem word is om die etos van die skool te leer, skoollied, gedragskode, assesserings prosedures ens. Vrydagaand beloof om groot pret te wees en verskeie aktiwiteite word beplan. Die doel van die aktiwiteite is om die toekomstige leiers te identifiseer, sodat leerders mekaar beter kan leer ken en uiteindelik ‘n geborge groepsgees te skep.

Comments are closed.