Aand van die Glinstersterre

Academia was voorwaar getrakteer met ‘n rits “celebs” wat die skool kom besoek het. Vrydagaand 15 Mei is ‘n glansgeleentheid by die Great White Shark House gehou en die gasheer was Wilfred Chivell.

Die geleentheid was om almal in die regte bui te kry vir die volgende dag se Markdag. Mej Suid-Afrika, Liesl Laurie, Mej Suid-Afrika Aarde, Ilze Saunders, akteur Oros Molopufo en Zolani Mbeki van die Zolani Mbeki trust was onder die gaste. Toesprake deur die twee pragtige dames is gemaak, asook professor Rachel Jafta, voorsitter van Media 24 en Rachel’s Angels Trust, asook Christo van der Rheede van die Afrikaanse Handels Instituut.

Aand Van Die Sterre
 
Die een boodskap wat kop bo water uitgestaan het van al die sprekers is om leerders te bemagtig in entrepreneurskap. Die skool se marimba orkes het die gaste getrakteer met hulle talent en Mej Suid-Afrika het selfs ‘n paar danspassies uitgehaal

Comments are closed.