Rachel’s Angels Markdag

Op Saterdag 16 Mei het dit behoorlik gegons op Gansbaai se sportgronde met die tweejaarlikse Rachel’s Angels Markdag. Academia was vanjaar die gasheerskool.

Daar het 20 skole aan die Markdag deelgeneem. Leerders moes hulle stalletjies opmaak en hul goedere verkoop. Academia se Angels het die heerlikste koekies verkoop wat hulle self gebak het. Voor die markdag begin het was daar ‘n drie kilometer ‘pikkewynstap”. Dit het by die skool begin en by Gansbaai Kliniek geëindig. Die vinnigste pikkewyne was Tyrell Spandiel en Sangiro Felix.

Op die verhoog was die seremoniemeesters die bekende Kim Cloete en Karl Ahari. Die verwelkoming is deur professor Rachel Jafta behartig. Die eerste kunstenaar was London van Idols faam gevolg deur Hemelbesem. Tussendeur is stalletjies bekendgestel. Ook op die verhoog was Oshri, Beatenburg, Tribal Echo en Mej Suid-Afrika. Die Mnr en Mej Rachel’s Angels is ook deur die loop van die dag gekies, asook die beste stalletjie.

 

Comments are closed.