Hoenderbraai ‘n sukses

Die hoenderbraai wat die SBL en die OOV op 24 Februarie gehou het, was ‘n sukses en heelwat fondse is ingesamel vir die skoolfonds. Dit lyk of almal wat hoender gekoop het baie tevrede was met beide die prys asook die kwaliteit van die produk.

Die trekking vir die lotingsprys van 10 kg hoender is op die Maandag  na die braai gehou. Die gelukkige wenner was Elsa Breytenbach.

Aangesien dit lyk of almal die gebraaide hoender geniet het, bestaan die hoop dat ons volgende braai baie groter sal wees en dat daar dus baie meer broodnodige fondse vir die skool ingesamel sal word. Onthou dat Academia ‘n nie-fonds skool is en dat fondse dringend benodig word vir onder andere ekstra onderwysers wat deur die SBL betaal word om die aantal leerders in ‘n klas te beperk tot bestuurbare getalle.

Die SBL wil net die volgende instansies of persone bedank:

  • OK vir die verskaffing van die hoender en broodrolletjies teen baie billike pryse
  • Anneri Harding-Male van die kombuis vir die wonderlike hulp wat sy verleen het, veral op Donderdagaand.
  • Die OVV wat die wonderlike slaaie gemaak het
  • Die bestuur en toesighouers van die sportsgronde
  • Jannas en die personeel van Spar wat baie ondersteuning gegee het toe ons kaartjies in die Spar sentrum verkoop het.

Comments are closed.