Awards Evening 2011

Op die aand van 3 November het Gansbaai Academia leerders vereer en beloon vir hul harde werk gedurende 2011 Die geleentheid was weereens luisteryk en ‘n groot sukses. Die fotos van die geleentheid is deur Johan Pieterse geneem en almal kan besigtig word in ons Gallery 

SkoolkoorSkoolkoor
Close
Skoolkoor
 
Die gasspreker was Mnr Basil Kivedo, Burgermeester van die Breederiviervallei. Saam met mnr Kivedo het ander lede van sy munisipaliteit die geleentheid bygewoon. In sy toespraak het hy leerders aangemoedig om hard te werk en sodoende aan hul toekoms te werk. Hy het ook genoem dat dit nie saak maak oor jou omstandighede nie, geleerdheid kan nooit van jou weggevat word nie.

Mnr Tommy Wilson, prinsipaal, het ‘n kort oorsig oor die afgelope jaar gegee en al die hoogtepunte uitgelig. Gansbaai Academia is nog nie eers twee jaar oud nie en daar is alreeds leerders in provinsiale spanne opgeneem in verskeie sportsoorte, uitsonderlike prestasies op kulturele gebied en akademiese uitblinkers wat ‘n groot kans staan om beurse los te slaan.

Mnr Heindrich Wyngaard, van Rachel’s Angels, ‘n projek wat deur die Universiteit Stellenbosch geloods is, oormerk 15 potensiële graad 10 leerders met wie daar ‘n mentorskap program gevolg word. Die leerders word blootgestel aan kampuslewe en huidige stidente aan die universiteit mentor die leerders en help met akademie om sodoende die leerders aan te spoor om te werk vir beurse.

Bedankings

Vanjaar het daar ook nuwe borge bygekom. Ons groot dank aan Chris en Petra van Rensburg van OK Foods, Gansbaai wat die trofees vir Besigheidstudies, Geografie, Kultuur en top graad 11 leerder geskenk het. Dit is vir ons lekker om hulle ook aan boord te hê.

Gansbaai Superspar het weer die sertifikate gedruk en dit was ook weer baie professioneel gedoen. Ons groot dank ook aan hulle.

Monica Hayes, vir die skenking van die Toerisme trofee. ‘n Groot dankie aan Gansbaai Media wat weer ‘n kontantprys geskenk het vir kreatiewe skryfwerk, en ook vir die die plasing van berigte en fotos van die skool oor die afgelope jaar, ook vir hul bywoning van aktiwiteite, sportgeleenthede en funksies van die skool.

Johann van Jo – Signs wat weer ons amptelike fotograaf was. ‘n Groot dankie vir sy betrokkenheid by die skool en tyd wat hy opgeoffer het.

Al die ouers van die VOO en SBL wat die saal en restaurant so pragtig verfraai het en gehelp het met die funksie na die tyd. Sonder ons ouers sal die skool nie so glad kan hardloop nie.

Presteerders

Baie geluk aan al die leerders wat so pragtig presteer het, in besonder Michelle le Roux en Bianca de Koning wat albei erekleure vir akademie gekry het. Die top leerders in elke graad was soos volg:

  • Agt:     Sheila Swart;
  • Nege:  Monique Grebe
  • Tien:   Bianca de Koning
  • Elf:      Michelle le Roux.

Die nuwe leiers van die skool is ook aangekondig met hoofseun, Edrich Schmidt en hoofmeisie Michelle le Roux. Onderhoofseun Mpilo Mgoci en Cheridin Baartman. Die VROL word gelei deur Edrich Schmidt, Voorsitter en ondervoorsitter Joana Groenewald.

Michelle Le Roux ontvang die Prinsipaal Toekenning, geskenk deur Dorothy Mckune, van Tommy WilsonMichelle Le Roux ontvang die Prinsipaal Toekenning, geskenk deur Dorothy Mckune, van Tommy Wilson
Close
Michelle Le Roux ontvang die Prinsipaal Toekenning, geskenk deur Dorothy Mckune, van Tommy Wilson
 
By die sport prestasies het Allen Tobias erekleure verwerf vir rugby en was ook aangewys as sportman van die jaar. Kleure is ook togeken aan Anthony Holtzhausen: Karate; Zander Holtzhausen: Kruisboog; Daan Otto, Tyrell Spandiel en Brandon Natal elk vir rugby.

Die groot trofee van die aand, die Prinsipaal Toekenning het aan Michelle le Roux vir deelname en prestasie op die gebied van akademie, leierskap en sport.

Comments are closed.