Leerders sê dankie vir bord kos per dag

Armoede vra nie vrae nie en by Academia glo ons dat jy nie ‘n honger kind kan opvoed nie. Armoede het Academia besef,  is nie net tot sekere gemeenskappe beperk nie. Talle leerders is afhanklik van die bord kos wat die skool se voedingskema vir hulle gee.

Kombuis Van Buite

Die voedingskema word befonds deur die department en daar moes eers aansoek gedoen word vir die skema. Tans is daar ongeveer 50 – 60 leerders wat bedags kos kry.

‘n Vasgestelde spyskaart word gevolg om die nodige voedingstowwe en vitamines in te sluit. Vars vrugte is ook ingesluit in die spyskaart. Die skema word onder die knap hande bedryf van Johanna Robertson en Antoinette Thiem. Die twee kokke ken hul storie deur op groot maat smaaklik te kook.

‘n Kombuis is aangebou om in die aanvraag te voldoen en ook vir veiligheidsredes. Die twee tannies het die kombuis pragtig ingeruim en ‘n leë  klaskamer word as eetkamer gebruik. Die skema leer ook waardes vir die leerders aan soos mededeelsaamhied, goeie tafelmaniere en dankbaarheid.

Voorbereide borde kos

Nuwe Kombuis

Nuwe Kombuis

Comments are closed.