Adjunk-Hoof

Mnr Kobus Koekemoer
Close
Mnr Kobus Koekemoer
 
Die adjunk-hoof vanaf 2012 is mnr Kobus Koekemoer. Hy is ‘n ou bekende gesig in Gansbaai en het uit die privaatsektor teruggekeer na die onderwys.

Hy het sy loopbaan as onderwyser begin by die Senior Sekondêre Skool Swakopmund. In 1993 het hy by die Suid–Afrikaanse Weermag aangesluit. In 1994 is hy by die Laerskool Gansbaai aangestel en is in 2005 aangestel as departementshoof by die skool. Kobus was ‘n kranige rugbyspeler en het heelwat suksesse op die rugbyveld behaal. Vir ses jaar was hy betrokke in die privaatsektor, naamlik in die sekuriteitsbesigheid. Hy het egter betrokke gebly in die onderwys en het as  voorsitter van die beheerliggaam van Laerskool Gansbaai gedien.

Verder het hy is ook gedien op:

  • die Kommitee vir die Sportgronde
  • die Interim Beheerliggaam van Academia
  • die Gansbaai Sportraad waarvan hy voorsitter is

Benewens sy onderhoof verpligtinge is hy ook die graadhoof vir die graad elfs en gee hy Toerisme en Geografie.