Matrieks vaar goed in eerste kwartaal toetse.

Gansbaai Academia se matriekklas van 2013 het baie goed gevaar in die toetse wat aan die einde van die eerste kwartaal geskryf is. Hulle het ‘n slaagsyfer van 100 persent behaal met nie een van die 74 matrieks wat nie deurgekom het nie.

Dit vergelyk uitstekend met die matrieks van 2012 wat ‘n slaagsyfer van oor die 92 persent in die finale eksamen geslaag het. Verder het 61 van die leerlinge genoeg gedoen om vir ‘n naskoolse diploma te kwalifiseer wat die skool se doelwit hierdie jaar van 60% ver oorskry het.

Die prinsipaal, mnr Wilson en graadhoof, me Fortuin is egter nie tevrede met hierdie resultate nie, want die skool se doel om ten minste 30 persent van die leerlinge universiteistsvrystelling te laat verkry, is nie bereik nie.

Daar is dus op die oueraand, wat op die 11de April gehou is, verskeie maatreëls aangekondig om die tweede matriekklas so ver as moontlik te help om uitstekend in die finale eksamen te presteer. Dit sluit twee vakansieskole in die winter en lente in, asook ekstra klasse in die middae. Die vakansieskole word met die hulp van die Onderwysdepartement aangebied en daar word van bekwame onderwysers van ander skole gebruik gemaak sodat die leerlinge ‘n meer globale verstandhouding oor die eindeksamen kan verkry. Verder kan die leerders in die middae gedurende eksamens by die skool studeer.

 

 

Comments are closed.